Sarie: Voorbladgesig

Top-10 Matriekrok van die Jaar 2016-finaliste


Morgan Teise


Meisieskool Oranje, Bloemfontein

“Die idee agter my rok het gekom van my liefde vir blomme. Ek was nog altyd mal oor die idee van oop skouers omdat dit ’n baie klassieke voorkoms gee en het besluit om dit met die neiging van kort voor en lank agter te kombineer. Die rok het my persoonlikheid en wie ek is baie goed weerspieël en my soos ’n prinses laat voel.” Sien nóg foto’s HIER.

DSC_7386


Isabel Lötter


Hoërskool McLachlan, Joubertina

“Die rok is ontwerp om my sterk punte te beklemtoon. Die kleur het ek gekies omdat dit vrolik, smeulend en ’n goeie keuse vir die aand en my ligte vel is.” Sien nóg foto’s HIER.

2016-10-25-18-49-18-613-01


Stephanie de Wit


Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Gauteng

“My rok is ontwerp deur die bekende ontwerper Anel Botha. Dit het ’n swart fluweel-bostuk en ’n gedrukte duchess-satynromp met swart-en-wit strepe.” Sien nóg foto’s HIER.

rsz__hhf3655

Thobeka Siduko


Hoërskool Stellenberg, Wes-Kaap

“Ons ‘pleegdogter’ Thobeka se ma werk al 24 jaar vir ons gesin en toe sy gebore is, het ons haar ingeneem en as ons eie grootgemaak. Die rooi het ongelooflik mooi gepas by haar velkleur en lang lenige lyf. Ons is BAIE trots op haar en weet sy gaan die wêreld aan haar voete hê!” skryf Elzabe Opperman oor dié rok. Sien nóg foto’s HIER.

DSC_6716


Rachelle Fourie


Hoërskool Rustenburg, Noordwes

“Om die regte tipe kant en kleur te kry was aanvanklik moeilik, maar gelukkig het als goed uitgewerk. Die ontwerper was ongeveer drie maande besig met my rok en ek was baie tevrede met die eindresultaat. Ek het soos ’n prinses gelyk en gevoel!!!” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20161107-WA0011-2


Tayla Jooste


Hoërskool Hoopstad, Vrystaat

“Candice Abrahams se rok by die Mev. Wêreld-kompetisie wat die talentvolle Werner Dey ook ontwerp het, was die inspirasie vir my rok, maar met ’n hele paar veranderinge.” Sien nóg foto’s HIER.

DSC_2787-600x898

Sadie Schalkwyk


Hoërskool Menlopark, Gauteng

“Ons het weke gesoek en op die ou end by iemand uitgekom wat dit moontlik gemaak het vir ons om ’n regte Sherri Hill-nommertjie van oorsee af in te voer. Die rok was die laaste een in die styl oor en toevallig in my grootte.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20161102-WA0010-1


Jana Heyns


Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch

“Ek het nie ’n vaste idee oor my rok gehad toe ek begin soek het na materiaal nie, maar my oog het dadelik die streperige organza gevang. Die eindresultaat het my wildste drome oortref en die volle prentjie was indrukwekkend. Dit was ’n onvergeetlike aand!” Sien nóg foto’s HIER.

MG_3841-5

Hanri le Roux


Hoërskool Menlopark, Gauteng

“Hanri het ’n foto van die rok op die internet gesien en onmiddellik daarvan gehou. Ek het La Femme in New York gekontak en die rok bestel. My vriendin het tydens haar vakansie in New York twee blokke ver geloop om die rok te kry,” skryf Hannelie le Roux, wat Hanri se rok ingeskryf het. Sien nóg foto’s HIER.

DSC_6953-3


Marétha van Heerden


Meisieskool Oranje, Bloemfontein

“Blou is die kleur van die Karoo-hemel wat oor ons plaashuis waghou. Dit is sag, lig, veilig en vriendelik … Blou is die kleur van Stilbaai se see. Dit is diep, kalm, sterk en hardkoppig … Blou is lojaal en betroubaar. Dit is elegant. Dit is idealisties. Blou is ek.”
Sien nóg foto’s HIER.

Maretha-vHeerden7