Sarie: Voorbladgesig

Ons semifinaliste vir Matriekrok van die Jaar 2016 (Groep 3)

Die matrieks van 2016 het ons weer eens beïndruk met hul mooi rokke. Hier is ons derde groep semifinaliste vir 2016 se Matriekrok van die Jaar-wedstryd.

Kyk HIER na die eerste en HIER na die tweede groep semifinaliste.


Marétha van Heerden


Meisieskool Oranje, Bloemfontein

“Blou is die kleur van die Karoo-hemel wat oor ons plaashuis waghou. Dit is sag, lig, veilig en vriendelik … Blou is die kleur van Stilbaai se see. Dit is diep, kalm, sterk en hardkoppig … Blou is lojaal en betroubaar. Dit is elegant. Dit is idealisties. Blou is ek.”
Sien nóg foto’s HIER.

Maretha-vHeerden7


Carla Geldenhuys


Hoërskool Hugenote, Springs

“‘Style is a way to say who you are without having to speak’ – Rachel Zoe. Ek het alles in my ontwerper se hande gelos en volle vertroue gehad in sy kunswerk. My rok se kleur kan nie eintlik beskryf word as ’n kleur nie, die kleur is doodeenvoudig net ‘WOW’.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG_1474


Hanri le Roux


Hoërskool Menlopark, Gauteng

“Hanri het ’n foto van die rok op die internet gesien en onmiddellik daarvan gehou. Ek het La Femme in New York gekontak en die rok bestel. My vriendin het tydens haar vakansie in New York twee blokke ver geloop om die rok te kry,” skryf Hannelie le Roux, wat Hanri se rok ingeskryf het. Sien nóg foto’s HIER.

DSC_6953-3


Huibri Smith


Hoërskool Durbanville, Wes-Kaap

“Ek baie ure op die internet spandeer en het presies geweet hoe my rok moes lyk – ’n elegante gedetailleerde halternek met ’n oop rug. Ek het soos ’n ware dame in my sagte roosgoud rok gevoel.” Sien nóg foto’s HIER.

Sandri-Blom-Photography-87-4


Sadie Schalkwyk


Hoërskool Menlopark, Gauteng

“Ons het weke gesoek en op die ou end by iemand uitgekom wat dit moontlik gemaak het vir ons om ’n regte Sherri Hill-nommertjie van oorsee af in te voer. Die rok was die laaste een in die styl oor en toevallig in my grootte.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20161102-WA0010-1


Cecile Vermaak


Hoërskool Hoogenhout, Bethal

“Die manier hoe die skakerings van pienk, pers en grys saamsmelt, maak my rok vir my uiters spesiaal. Ek glo vas dat elke meisie ten minste een keer in haar lewe soos ’n prinses moet voel, en daarom is die matriekafskeid ’n geleentheid wat elke meisie moet bywoon.” Sien nóg foto’s HIER.

CH-41-1123x1820


Danielle van der Nest


Hoërskool Nelspruit, Mpumalanga

“Dit is toe waar, aan die einde van die reënboog is daar ’n pot goud! Daardie aand het ek gevoel soos ’n regte koningin; ek dink nog steeds ek wil in hierdie rok trou!” Sien nóg foto’s HIER.

IMG_6411-1


Madri van Heerden


Hoërskool Swellendam, Wes-Kaap

“As my beste vriend en metgesel, Simon van Eeden, my gedraai het, het my rok saam gedans met chiffon-materiaal wat soos ’n warrelwind draai en diamante op my rok wat skitter soos sterre op die dansvloer.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20160930-WA0055

Kyk HIER na die volgende groep semifinaliste