Sarie: Voorbladgesig

Ons semifinaliste vir Matriekrok van die Jaar 2016 (Groep 2)

Die matrieks van 2016 het ons weer eens beïndruk met hul mooi rokke. Hier is ons tweede groep semifinaliste vir 2016 se Matriekrok van die Jaar-wedstryd.

Kyk HIER na die eerste groep semifinaliste


Sone Kuun


Hoërskool Fairmont, Wes-Kaap

“Ek het die inspirasie vir my rok op die internet gekry. Dis ’n tipiese prinsesrok van ru-sy en fyn kant in maroen. Die rok is so spesiaal en ek wil dit graag met mense deel.” Sien nóg foto’s HIER.

09411-4


Heleen Viljoen


Hoërskool D.F. Malan, Durbanville

“Ek het eendag deur ’n tydskrif geblaai en op hierdie soort ontwerp afgekom. Dit was die ontwerp vir my! Ons het toe ’n wonderlike ontwerper, Lizelle van Jaarsveld, genader om die rok te maak. Dit was ’n groot taak wat ons aangepak het, maar niks is onmoontlik nie!” Sien nóg foto’s HIER.

image-181


Carla De Sousa


Hoërskool Stellenberg, Wes-Kaap

“Ek het al in graad 11 op ’n kleur besluit en ek het ’n algemene idee van die ontwerp gehad. Ek het soos ’n prinses gevoel en my rok is baie naby aan my hart.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG_1855-1


Madeli Sunkel


Hoërskool Piet Retief, Mpumalanga

“Ons was Maart-maand op ’n netbaltoer in Stellenbosch. Die een dag was ons Canal Walk toe en ek en my vriendin het vir lawwigheid begin rokke aanpas. Dit was nie lank nie, toe kom ek op dié rok af. Ek was dadelik mal daaroor! Nadat ek hom aangepas het en sien hoe hy nommerpas sit, het ek my ma gebel en gevra of dit my matriekafskeidrok kan wees. Sy was bang dat ek oorhaastig besluit en dat ek later gaan spyt wees, maar ek was doodseker en het dadelik geweet dis my rok. Met die rok in my tas en my klere in ’n swartsak het ek by die lughawe aangekom. Ek is steeds nie ’n oomblik spyt nie en het daardie aand soos ’n prinses gevoel!” Sien nóg foto’s HIER.

AirBrush_20161028224204-2


Chane de Beer


Hoërskool Stoffberg, Brakpan

“Die eerste ontwerp wat ek gekies het, het my soos ’n oumatjie laat lyk. Wat ’n nagmerrie! Maar toe besluit ek op my droomrok … nuwe materiaal moes gekoop word en die tannie wat die rok gemaak het, moes uithaal en wys om dit betyds klaar te kry.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20161030-WA0000


Jenna Laughton


Hoërskool La Rochelle, Paarl

“My vriende en onderwysers het 100% saamgestem dat my rok ’n ‘Jenna-rok’ was en ek het unstoppable daarin gevoel.” Sien nóg foto’s HIER.

Unknown


Rachelle Fourie


Hoërskool Rustenburg, Noordwes

“Om die regte tipe kant en kleur te kry was aanvanklik moeilik, maar gelukkig het als goed uitgewerk. Die ontwerper was ongeveer drie maande besig met my rok en ek was baie tevrede met die eindresultaat. Ek het soos ’n prinses gelyk en gevoel!!!” Sien nóg foto’s HIER.

IMG-20161107-WA0011-2


Júrika Neethling


Hoërskool Bellville, Wes-Kaap

“Ek wou oorspronklik ’n maroen rok laat maak, maar tydens my eerste afspraak met ontwerper Ilse Roux het sy vir my gevra “Why not go for gold?” Ek het dadelik gedink dis ’n goeie idee en ons het so voortgegaan.” Sien nóg foto’s HIER.

IMG_20161106_170938

Kyk HIER na die volgende groep semifinaliste