Sarie: Voorbladgesig

Hou hierdie bladsy dop! Die semifinaliste word vroeg in 2018 gedeel

Hou ons Facebook en Instagram vroeg in 2018 dop vir die semifinaliste.

Hier’s 2016 se semifinaliste:


Tayla Jooste


Hoërskool Hoopstad, Vrystaat

“Candice Abrahams se rok by die Mev. Wêreld-kompetisie wat die talentvolle Werner Dey ook ontwerp het, was die inspirasie vir my rok, maar met ’n hele paar veranderinge.” Sien nóg foto’s HIER.

DSC_2787-600x898


Nadia Jacobs


Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp

“Die rok het verskriklik baie detail as mens dit eers bewonder, en die lace laat die rok baie sag en elegant lyk. Ek is absoluut MAL oor my rok!” Sien nóg foto’s HIER.

2016-10-23-23-45-10-749-6


Nicole Schickerling


HTS Middelburg, Mpumalanga

“’n Meisie het so baie om te wys daarom het ek ’n rok gekies wat my figuur sal vlei, maar wat ook nie té veel is nie. My rok is presies die prentjie wat ek in my kop gehad het, dis my droomrok.” Sien nóg foto’s HIER.

20161018_211038-2


Suné Wessels


Hoërskool Windhoek, Namibië

“Aanvanklik het ek ’n rok op Pinterest bestel; wat ’n klaaglike mislukking en groot teleurstelling was!! Dit was byna ’n ramp… Ons het hierdie rok in Lorna’s Fashion Boutique in Windhoek raakgeloop. Na klein verstellinkies was dit perfek!” Sien nóg foto’s HIER.

MatriekAfskeid2016-10-4


Maryna van Wyk


Hoërskool Sentraal, Bloemfontein

“My asem is onmiddellik weggeslaan deur die rokke in Werner Dey Couture in Parys se vertoonkaste. Ons het van hierdie reeds bestaande rokke as inspirasie gebruik en ’n meer verfynde rok wat perfek vir my is, ontwerp.” Sien nóg foto’s HIER.

image-231


Caitlin Els


Hoërskool Brackenfell, Wes-Kaap

“Ek het MC Design & Couture 4 maande voor my matriekafskeid gaan sien met 2 idees en ’n kleur. Ons het saam besluit om my idees te kombineer en my rok was perfek vir my gemaak.” Sien nóg foto’s HIER.

1478984758330-1


Hannah Tate


Crawford College, Pretoria

“Die rok is in ’n meermin-styl van sy-duchess-satyn in ’n bloedrooi skakering gemaak. Daar is ongeveer 1 500 swart en diamanté-stene wat die soom met geborduurde net versier. Dit het ongeveer 300 uur geneem om hierdie rok te voltooi. My vriende se asems is weggeslaan … vir meer kon ek nie vra nie!” Sien nóg foto’s HIER.

IMG_5064


Jana Heyns


Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch

“Ek het nie ’n vaste idee oor my rok gehad toe ek begin soek het na materiaal nie, maar my oog het dadelik die streperige organza gevang. Die eindresultaat het my wildste drome oortref en die volle prentjie was indrukwekkend. Dit was ’n onvergeetlike aand!” Sien nóg foto’s HIER.

MG_3841-5

Kyk HIER na die volgende groep semifinaliste